Adres:
Sentraalplein 4 in Pinelands
Start:
09-10-2021 10:00
Einde:
09-10-2021 20:00

Studio SASNEV bied aan:

’n Opelugmark met kosstalletjies by SASNEV

Kom ervaar kosstalletjies met die lekkerste van die Lae Lande, proe die geure van België en Nederland, met ’n tikkie Indonesies en Surinaams saam met ’n skeutjie Kaaps, alles op die plein en grasperk voor SASNEV.

Toegang is gratis, maar getalle sal beperk word volgens Covid-regulasies. Bring ’n stoel en ’n piekniekkombers en skop nes op die openbare plein oorkant SASNEV.